KERRIE SKENKELS IN DIE RYSKOKER


KERRIE SKENKELS IN DIE RYSKOKER
Gister nog iets in my Ryskoker gemaak.
Kerrie Skenkels!
Was heerlik sag en geurig.
My basiese resep waarby mens dan nog Aartappels en groente kan voeg soos verlang en op rys bedien :
Bees skenkels
Uie
Kerrie poeier
Sout en Peper na smaak
Multana soetwyn
Beesstert blokkie
Tamatie puree
Kookwater
Braai uie tot sag in ‘n pot.
Haal uie uit en verbruin Beesskenkels.
Gooi kookwater oor Beesstert blokkie om op te los.
Voeg nou al die kruie/speserye by soos julle daarvan hou.
Voeg Uie by.
Voeg Multana soetwyn by.
Meng goed en gooi mengsel in Ryskoker se pot.
Voeg nou die skenkels daarby.
Stel Ryskoker op “Soup” stelling en tyd op 1 uur.
Ek het dit 3 keer so gestel totdat ek tevrede was met die sagtheid van die vleis.
So in totaal 3 ure kook.
Regtig baie lekker!
FOTO EN RESEP: Nola Barnard