HACHEE DUTCH BEEF STEW

petro beef stewtested
HACHEE DUTCH BEEF STEW
500 g beesvleis, in blokkies gesny
4 groot uie, in ringe gesny
2 lourierblare
15 ml bruin asyn
15 ml donker bruin suiker
sout en wit peper na smaak

Braai vleis in klein hoeveelheid op ‘n slag in botter. Skep uit op ‘n bord tot al die vleis mooi bruin gebraai is. Volgende in dieselfde pot; maak bietjie olie warm en braai al die uie op een slag vir paar minute. Draai na ‘n lae hitte, voeg die vleis by en dan al die geur middels. Ek roer dit nie, sit net ‘n deksel op en laat op ‘n stadige hitte kook vir so 2 na 2½ uur of tot vleis lekker sag is.  Ek sit so tussen kook tyd net so klein, klein bietjie water by. Bedien dit saam met kapokaartappels en rooi kool.

Foto en resep: Petro van Genderen