GROENBOONTJIE EN KOESKOES GROENTE GEBAK

boontjie_ntested

GROENBOONTJIE EN KOESKOES GROENTE GEBAK
125 ml koeskoes
250 ml beesvleis aftrekstel
2 knoffel huisies, fyn gedruk
500 g groenboontjies
250 g sampioene
1 rooi soetrissie, in blokkies gesny
1 groen soetrissie, in blokkies gesny
1 groot ui, gekap
4 skywe fetakaas, in blokkies gesny
3 eiers
5 ml gedroogde pietersielie
2,5 ml gedroogde gemengde kruie
sout en swart gemaalde peper na smaak

Plaas koeskoes in ‘n bak, giet die beesvleis aftreksel oor en laat staan vir 10 min.
Verhit olie in ‘n pan en sorteer die uie en knoffel tot sag, voeg die boontjies by en roerbraai tot sag maar steeds ferm. Voeg die groen- en rooirissie by en roerbraai tot sag. Laastens gooi die sampioene by en roerbraai. Voeg die kruie, sout en swartpeper by.
Meng die koeskoes met die groente mengsel. Gooi die fetakaas by en meng.
Klits die eiers saam en meng met die groente mengsel.
Bak vir 20 min by 180˚C. Bedien saam met avo sasla.

Avo Salsa:
2 Avo’s, in blokkies gesny
80 ml matige salsa
30 ml sterk blatjang
100 ml gewone jogurt
Meng bogenoemde bestanddele alles saam.
Resep en foto: Elna Erasmus