GIDEON SE SWART MOSSELS

mossels_ntested

GIDEON SE SWART MOSSELS
500 g mossels een skulp verwyder
1 kp room
1/2 kp witwyn
1 eetl fyn knoffel
2 teel aromat

Meng alle die bestandele behalwe die mossels
Bring die mengsel tot kookpunt
Voeg die mossels by en laat prut vir 5 – 8 min
Haal die mossels uit die sous en plaas op foelie op n oondpan skep die skulpe vol sous en gooi die res in die pan uit
Strooi gerasperde kaas oor
Grill vir +- 5 min tot liggies bruin
Maak ‘n paar stukkies geroosterde brood en doop in die sous soos jy eet saam met die mossels

Foto en resep:  Gideon Louw

Eerste 2 foto’s is Cecil Dunhin se weergawe van Gideon se mossels – hy het sy broodjies op die kant gepak en saam gerooster..