GIDEON SE BRUINPOEDING OP DIE KOLE

GIDEON SE BRUIINPOEDINGtested

GIDEON SE BRUINPOEDING OP DIE KOLE
Ek en vroulief het netnou klaar ge eet dit was nou sommer heerlik !!!
Bruin poeding oppie kole gemaak saam met roomys
Beslag:
½ koppie botter
½ koppie suiker
2 eiers
2 groot eetlepels appekooskonfyt
1 ½ koppies koekmeel
1 teelepel gemmer
1 teelepel koeksoda
1 koppie melk
Knippie sout
Stroop:
4 koppies water
1 koppie suiker
1 eetlepel botter
½ teelepel kaneel
Klop die botter en suiker voeg eiers by en klop goed voeg konfyt by en meng goed.
Sif droe bestanddele saam en voeg om die beurt met melk by bottermengsel los koeksoda in ‘n bietjie melk op en voeg by.
Bring die stroop bestanddele tot kookpunt en skep in die swartpot, voeg die beslag daar by moenie roer nie
Kook op matige kole vir ‘n uur plaas ‘n paar kole bo op die pot se deksel ook ! Bedien saam met roomys of vla !
Foto en resep:  Gideon Louw