GEBAKTE SJOKOLADE POEDING SONDER EIERS


GEBAKTE SJOKOLADE POEDING SONDER EIERS:
1 koppie koekmeel
¼ teelepel sout
2 teelepel bakpoeier
2 eetlepels kakao
½ koppie suiker
½ koppie melk
2 teelepels vanilla geursel
2 eetlepels gesmelte botter
Meng apart:
½ koppie suiker
2 eetlepel kakao
¼ teelepels sout
Sif droë bestanddele saam.
Voeg suiker by.
Voeg melk, botter en geursel by en meng goed.
(Dit is ‘n baie stywe deeg).
Skep in gesmeerde bakskottel.
Strooi suiker en kakao mengsel droog bo-oor.
Giet 3 koppies kookwater stadig oor en bak @ 180ºC vir 40-50 minute.
NB!! GEBRUIK GROOT BAK, anders gaan dit oor die kant loop.
Dit is nie ‘n baie soet poeding nie, so as jy hom soeter wil he, voeg ‘n ¾ koppie suiker in beslag in plaas van ½ koppie.
Bron: Bets Lourens se vriendin Elna v d Westhuizen,
Foto: Bets Lourens