GEBAKTE HOENDER CORDON BLEU PASTA

tested

GEBAKTE HOENDER CORDON BLEU PASTA
2 hoenderborsie, gekook/gebraai en in blokkies/repe gesny
1 koppie spek, gebraai en in blokkies gesny
1 koppie ham, in blokkies gesny
1/2 pak penne pasta, gemaak soos instruksies
1 houer roomkaas
2 koppies room
1 koppie emental kaas, gerasper
1/2 teelepel knoffel flokkies
1 teelepel uie vlokkies
1/2 koppie emental kaas, gerasper
1 koppie broodkrummels
Voorverhit die oond tot 180°C.
Verhit die roomkaas oor middematige to gesmelt. Voeg die room, uie- en knoffel vlokkies by. Sodra dit borrel gooi die koppie emental kaas by en toer tot gesmelt.
In ‘n oondvaste bak, sit die penne pasta onder in. Sprinkel die hoender bo-oor, gevolg deur die spek en die ham. Giet die kaassous oor. Sprinkel die 1/2 koppie emental kaas oor gevolg deur die broodkrummels.
Bak vir so 15 – 25 minute tot bruin en alles warm is.
Bron: Wayne Dugmore Dit is my weergawe op ‘n resep van Chef in Training