FRIKKIE SE BROOD EN BOTTER POEDING MET CROISSANTS EN WIT SJOKOLADE

tested
FRIKKIE SE BROOD EN BOTTER POEDING MET CROISSANTS EN WIT SJOKOLADE

Ek hou van ‘n Brood en Botterpoeding wat van Croissante gemaak word met with sjokolade:
Sny croissante in dik skywe.
Smelt genoeg botter en doop die een kant van elke snytjie in die botter.
Pak stewig in ‘n bak, botterkant bo.
Kap genoeg wit sjokolade en werk dit tussen in die croissante in. Hou eenkant.
Vir elke croissant, gebruik
1 eier
100 ml room
15 ml strooisuiker en klits dit goed.
Sit ‘n skeutjie Vanielje in en giet oor die croissante.
Laat staan so lank as moontlik.
Bak in ‘n 200ºC  voorverhitte oond vir 25 tot 30 min.

Bron: Frikkie Jones