FRANS SE DADELMERINGUE KOEK


FRANS SE DADELMERINGUE KOEK
10 eierwitte
1 koppie strooisuiker
125 g dadels, fyn gesny
Klits eierwitte styf. Voeg strooisuiker geleidelik by. Sny dadels fyn en meng in. Skep in twee losboompanne. Bak vir ±40 min tot kleur wys by 180°C. Haal uit die oond. Laat panne op kombuistafel afkoel. Haal uit panne. Vul tussen die twee lae met styf geklopte room (soos ‘n broodjie) wanneer koud. Onthou dit is bros en kan kraak. Die styfgeklopte room hou die broodjie bymekaar.
Heel eenvoudig. Dit word nie pap. Ek hou dit in yskas.
Foto en resep: Frans van Rensburg