DOROTHY SE VISKOEKIES

dorothy se viskoekiestested

DOROTHY SE VISKOEKIES
2 blikkies vis in tamatiesous, gooi sous af, haal graatjies uit – druk fyn
gerasperde ui
4 snye brood gekrummel
sout peper
visspeserye
pietersielie
2 eiers
so ¼ koppie blatjang

Meng goed laat staan so 15 min. Ek gooi dan bietjie koekmeel by en meng dat balletjies gemaak kan word en nie aan jou hande vassit nie. Koekmeel maak meer hanteerbaar. (ongeveer 1 koppie)
Bak in olie tot goudbruin.
Bron en foto: Dorothy Vermeulen Van Zyl
2de Foto:  Johan Westenberg‎