CECILIA SE YSTERVARKBROODJIE



CECILIA SE YSTERVARKBROODJIE
Hierdie is ongelooflik lekker en sooooo maklik.
Neem een ciabata broodjie.
Sny sirkel in die middel.
Sny randjie af van hele sirkel camenbert.
Plaas camenbert in die middel van die broodjie.
Meng na smaak: basil pesto, olyf olie en knoffel.
Sny broodjie (vierkant patroon)
Smeer openinge met die basil mengsel.
Gooi klein bietjie olyf olie eweredig oor broodjie, asook sout.
Bak vir 25 min teen 180 grade celcius in oond.
Bron en Foto: Cecilia Richards