CARMARI SE KLAPPER ROOMERTJIES


CARMARI SE KLAPPER ROOMERTJIES
Hier in Tanz (veral Mwanza) is bevrore groente volksvreemd😉maar die locals weet van geurigekook… Lyk nie great nie maar dis die beste alternatief vir soet ertjies… Volgens my!
Rasper 1 knoffel huisie en so 2 cm vars gemmer. Braai saam in olyfolie
Voeg by 1 gekapte tamatie (skil verwyder)
Voeg by 1 koppie vars rou ertjies
Voeg by 1 medium wortel fyn gerasper.
Braai so 3-5min saam (nie droog raak nie)
Voeg dan 65 ml klapper room, 1eetlepel tamatiesous/puree/pasta sous. Sout en peper
Prut op lae hitte tot ertjies sag genoeg is na smaak!
Resep:Carmari Fourie Strobos
Kan ook heerlik wees as vulsel vir skorsies