WILMA SE DIABETIESE NEUTE EN PIESANG MUFFINS

Wilma se Diabetiese Piesang en Neute Muffinstested
WILMA SE DIABETIESE NEUTE EN PIESANG MUFFINS
4 piesangs, fyngedruk
2 eiers
500 ml koekmeel
Knippie sout
5 ml vanieljegeursel
125 ml sagte botter of margarien
100 ml selati versoetter
7 ml bakpoeier
3 ml koeksoda
125 ml gekapte neute

Room die botter/margarien en die versoetter saam tot liggeel. Klits die eiers een vir een by. Voeg die vanieljegeursel by en meng weer. Sif die droebestandele, behalwe die koeksoda saam en voeg by die eiermengsel. Meng die koeksoda met bietjie melk en voeg by. Voeg laaste die fyngedrukte piesangs en dan die neute by.
Skep in kolwyntjiepanne en bak vir 1uur by 140gÂșC.
Maak ongeveer 24 muffins.
Resep en foto: Wilma Josey Verster

All people with any type of diabetes who wish to use our recipes, should do so in consultation with their diabetes healthcare team. If you have diabetes it is important to know your risk factors.

Persone met enige tipe diabetes wat ons resepte wil gebruik, moet dit in oorleg met hul diabetes-gesondheidsorgspan doen. As jy diabetes het, is dit belangrik om jou risikofaktore te ken.