WENNER KOFFIE EN OKKERNEUT KOEK

wenner koffie en okkerneut koektested

WENNER KOFFIE EN OKKERNEUT KOEK
Stroop:
1 koppie bruin suiker
2 koppies water
2 eetl. Kits koffie poeier
⅓ koppie koffie liqueur

Kook die suiker en water tot n dik stroop. Haal van stoof af en roer die koffie en liqueur by. Laat afkoel.

Koek:
500 g botter,sag gemaak
500 ml bruin suiker
4 groot eiers
4 teekepel koffie poeier
4 teelepel kookwater
4 koppies koek meel
2 teelepels bakpoeier
1 eetlepel koeksoda
1 teelepel sout
2 koppies griekse yoghurt of suurroom
1 koppie gekapte okkerneute

Versiersel
500 g room kaas of Mascapone
1 blikkie kondensmelk
¼ koppie suurlemoensap.
1 koppie okkeneute gekap.

Die kondensmelk en suurlemoensap kan weggelaat word. Dis my eie weergawe want ek verkies die soettigheid.

Voorverhit die oond tot 180 ºC. Voer ‘n Angelkoek pan uit met botter en bakpapier.
Dis ‘n groot vierkantige pan
Room die botter en suiker.
Klits die eiers een vir een by.
Los die koffie poeier in die kookwater op en klits by.
Sif die droe bestandele en roer die helfde by saam met die helfde van die yoghurt.
Meng en roer die res van die meel en yoghurt by en meng goed.
Voeg die neute by en meng goed.
Skep die beslag in die voorbereide pan en bak vir 60 tot 90 minute of tot gaar. Myne was gaar in 60 minute
Laat 20 minute in die pan afkoel en keer uit . Prik met n vurk en skep die stroop bo oor. Laat heeltemal afkoel.
Klits alles saam vir die versiersel en skep bo oor en maak gelyk. Gooi die gekapte neute oor.
Lewer een baie groot koek.
Foto: Hettie Bezuidenhout