WAYNE SE ROMERIGE MOSSELBROODJIES

broodjies_ntested
WAYNE SE ROMERIGE MOSSELBROODJIES
1 blik mossels, gedreineer
½ ui, fyngekap
1 knoffelhuisie, fyngekap
5 peppadews, fyngekap
½ koppie cheddarkaas, gerasper
1 ruim knip gemengde kruie
1 teelepel paprika
3 eetlepels mayonnaise
4 dik snye Franse/Portugese brood

Meng al die bestanddele saam en skep op die snye brood.
Sit onder die rooster vir so 10 minute of tot goudbruin.
Bedien saam met ‘n groenslaai.

Bron: Wayne Dugmore