TINA SE ANYSBESKUIT

anys beskuit wilnatested

TINA SE ANYSBESKUIT
5 kg koekmeel ( 2 ½ kg)
3 koppies suiker (1 ½ koppies)
2 blikke kondensmelk ( 1 blik)
500 g margarine (250 g)
4-6 pakkies kitsgis ( 2-3 pakkies gis)
2 eetlepels sout (1 eetlepel sout)
4 pakkies anys saad ( 2 pakkies anys saad)
Lou water
Meng alles saam. Sit margarien laaste in. Knie,  maak bolletjie en sit in die panne en laat rys.
Bak teen 190º C vir een uur. Resep kan gehalveer word – mates in hakkies.

Foto:  Wilna Dorfling
Resep:  Tina Smit