TANNIE POPPIE SE PAMPOEN TERT

tested

TANNIE POPPIE SE PAMPOEN TERT
Vannaand het ek Tannie Poppie se Pampoen tert gemaak as ‘n bykos.Julle…dit is heeeeerlik verby. Ek gaan DIE resep soos goud bewaar!
Genoeg vir 6 – 8
1 koppie (250 ml/200 g) suiker
5 teelepels (25 ml) koekmeel
1 teelepel (5 ml) sout
2 ml fyn kaneel
3½ eetlepels (55 ml/60 g)ongesoute botter, gesmelt
3 koppies (750 ml) fyngemaakte gaar pampoen
1 koppie (250 ml) room
3 eiers
Verhit oond tot 150 °C. Sif droë bestanddele saam in ’n mengbak. Voeg res van bestanddele by en meng goed. Skep in gesmeerde tertbak van so 30 x 25 cm en sit saam met hoender in oond. Die tert bak so 1½ uur.
RESEP:  Tannie Poppie

2 de Foto:  Petré Van Jaarsveld
Ek het die suiker tot n 3/4 koppie verminder.
Wat ek ook gedoen het was on 1 ui op te kap,  bietjie komyn, gemmer, fyn kaneel, borrie en kerrie by te gooi. Dit het ek onder in die vuurvaste bak geskep,  gelyk gemaak en die pampoenbeslag bo oor gegooi, het dit as ‘n bykos gebruik..
Hoof foto:  Ek het die resep se bestanddele aangepas na 2 koppies pampoen en het net ‘n half koppie bruinsuiker gebruik, so uur gebak op 160 º C.Klein bietjie kaneelsuiker oor gesprinkel. Dit is regtig lekker en nie te soet nie
Foto: Elize de Kock