ELTHEA SE SNEEUBALLE

13335614_1764436423801294_8652403266795188129_ntested
ELTHEA SE SNEEUBALLE

125 g botter
125 g strooisuiker
5 ml vanieljegeursel
2 eiers
375 ml bruismeel
125 ml melk
125 ml room
50 ml versiersuiker
500 ml klapper
250 ml fyn appelkooskonfyt

Voorverhit oond tot 180►7C. Smeer of spuit met kleefwerende kossproei 2 kolwyntjiepanne met groot holtes.Verroom botter,suiker en geursel saam, voeg die eiers een vir een by en klop goed na elke byvoeging. Roer die meel en melk beurtelings by die smeermengsel. Skep die kolwyntjiepanholtes twee derdes vol beslag. Bak die kolwyntjies sowat 15 minute tot gaar.Haal dit versigtig uit die panna en laat afkoel op ‘n draadrak. Sny die ronde boonste deel van die kolwyntjies met ‘n skerp messie af. Klits die room en versiersuiker saam totdat dit dik is, jy kan meer versiersuiker gebruik as dit te slap is. Skep ‘n bietjie van die room op elke kolwyntjie en plaas die ronde bostuk daarop terug. Smelt die konfyt en verf dit oor elke kolwyntjie met ‘n kwas. Rol kolwyntjies versigtig in die klapper. Lewer 24kolwyntjies.

Bron: Elthea Hass