REENBOOG ROLKOEK



REENBOOG ROLKOEK
Ek was die bakster….. Dit is werklik koek, nie spons nie. Ek het ‘n gewone rolkoek resep gebruik, die deeg verdeel en gekleur, en met ‘n lepel die deeg in strepe in die pan geskep, ek het vinnig gewerk om te voorkom dat die deeg deurmekaar loop….
1 koppie koekmeel
¾ koppie suiker
5 ml vanilla geursel
5 ml bakpoeier
2 eetlepels kookwater
Sout
5 eiers
Klop die eiers en suiker goed. Sif droë bestanddele by. Klits goed. Skep in ‘n voorbereide rolkoekpan. Bak vir 10 min. Keer uit op ‘n klam vadoek en rol op terwyl nog warm. Rol af, indien jy vulsel soos konfyt of room gaan insit, en rol weer op.
FOTO EN RESEP: San-Marie Keyser