PETRE SE MONKEYGLAND-SOUS


PETRE SE MONKEYGLAND-SOUS
Helfte van 1 groot ui fyn gekap
3 eetlepels elk groen, rooi en geel soetrissies
8 sampioene gekap
Grof gemaalde swartpeper na smaak
Soteer bogenoemde totdat uie deurskynend is.
Voeg die volgende by:
4 eetlepels elk
Blatjang
Tamatiesous
Mayonnaise
1 eetlepel Worcestersous
Kook goed deur.
Maak 1 pakkie bruin uiesoppoeier in 500 ml water aan.
Voeg by mengsel en kook tot dik.
Voeg 2 tot 3 eetlepels suiker by en kook vinnig deur..
Resep en foto: Petré Van Jaarsveld