MYRTLE SE KERRIE AFVAL

MYRTLE SE KERRIE AFVAL
Skaap-afval
sout en peper
‘n paar naeltjies
‘n bietjie meel
‘n bietjie kerrie
1 teelepel suiker
asyn of suurlemoensap
Kook net soos afval. Maak alles met asyn of suurlemoensap en koue water aan. Roer dit in die afval en laat nog ‘n rukkie kook.
Afval:
Krap alles skoon en was goed af. Kap die kop oop, sny die tong uit en kap dan die neusbene weg.
sny al die los beentjies uit. Sny die kop in twee, en was dit baie goed.
Haal die harsings uit, en sit dit in ‘n stukkie pens. Werk dit goed toe.
Kap die pootjies in twee. Trek die vleis van die pens uit, sny dit in klein stukkies, en was skoom. sit alles in ‘n pot. Gooi die pot vol water. Sit ‘n paar naeltjies, en sout en peper in na smaak.
Laat dit lank kook tot die vleis sag is, die beentjies uitval, en die sous mooi dik en lymerig is.
Resep: “Lekkerkos”, gedruk in 1931
Geplaas deur Myrtle van Dyk