MAKLIKE TERTKORS


MAKLIKE TERTKORS
Hierdie is ‘n vinnige tertkors wat vir meer as net terte gebruik kan word, wat nie uitgerol word nie. Indien daar deeg oorbly kan dit gevries word tot later.
125 g sagte botter
30 ml (2 eetlepels) suiker
30 ml (2 eetlepels) olie
5 ml (1 teelepel) vanielje of ‘n skraapsel vanieljepitte
1 eier
knippie sout
Klits bogenoemde bestanddele tot lig en glad.
Sif bo-oor:
500 ml (2 koppies) koekmeel
10 ml (2 teelepels) bakpoeier
Klits dit liggies tot die deeg bymekaarkom en growwe krummels maak.
Druk die krummels in ‘n ongesmeerde tertbord vas en bak by 180°C (voorverhit) vir 12 tot 13 minute tot dit strooikleurig is.
Nota: Ek gebruik dit vir soet vulsels en dis soos vir lemon meringue, melktert, Hertzoggievierkante, konfytvierkante, ‘n kors vir koeke, kaaskoeke ens ens.
Bron: Frikkie Jones
Foto: Geleen