KOFFIEPOEDING



KOFFIEPOEDING
Bereidingstyd: 20-25 minute
Baktyd: 30-35 minute
KOEK
olie vir smeer
30 ml (2 eetlepels) botter
60 ml (¼ koppie) melk
15 ml (1 eetlepel) kitskoffiekorrels
60 ml (¼ koppie) water
5 ml (1 teelepel) vanilla geursel
375 ml (1½ koppies) koekmeel
10 ml (2 teelepels) bakpoeier
1 ml (¼ teelepel) sout
4 eiers
250 ml (1 koppie) suiker
STROOP
375 ml (1½ koppies) suiker
560 ml (2¼ koppies) water
45 ml (3 eetlepels) kitskoffiekorrels
30 ml (2 eetlepels) brandewyn (opsioneel)
5 ml (1 teelepel) vanilla geursel
BOLAAG
1 blik (360 g) karamelkondensmelk
250 ml (1 koppie) vars room
50 g sjokolade, gerasper
Koek
Voorverhit die oond tot 180 °C en smeer ’n vierkantige, oondvaste bak (20 cm) met olie.
Verhit die botter, melk, koffiekorrels, water en vanieljegeursel in ’n klein kastrol tot die botter gesmelt het.
Sif die meel, bakpoeier en sout saam.
Klop die eiers en suiker 1 minuut met ’n elektriese klitser op hoë spoed. Meng die eiermengsel met die meelmengsel.
Voeg die bottermengsel by en meng goed. Skep die beslag in die voorbereide bak en bak 30-35 minute of tot jy ’n toetspen insteek en dit skoon uitkom.
Stroop
Verhit al die bestanddele 5 minute in ’n middelslag-pot oor lae hitte.
Giet die stroop oor die koek wanneer dit uit die oond kom en laat afkoel.
Bolaag
Klits die kondensmelk tot glad en smeer oor die koek. Klits die room tot sagte hopies vorm en smeer oor die karamel. Strooi die gerasperde sjokolade bo-oor en sit voor.
FOTO – Peggy Paxton en Chantelle Fourie