KERRIEVIS VIR DIABETE EN VERSLANKERS

kerrievis vir diabete en verslankerstested

KERRIEVIS VIR DIABETE EN VERSLANKERS
Kerrivis uit die Bo Kaap
Kook saam vir 10 min:
2 uie in skywe gesny
400 ml asyn
50 ml xylitol
10 ml borrie
20 ml kerrie poeier
Sout
Sny so kg vis in hapstukke (gebruik n stywe vis. Nie hake nie)
Braai in olie tot gaar. Hoef nie bruin te wees nie.
Dreineer olie op papierhanddoek.
Plaas vis in n diep pyrex. Gooi die kerriesous en uie oor. Plaas deksel op. Plaas in yskas vir 24 uur vir geure om te ontwikkel.
Geniet!
Resep en Foto deur Maryna Malan

All people with any type of diabetes who wish to use our recipes, should do so in consultation with their diabetes healthcare team. If you have diabetes it is important to know your risk factors.

Persone met enige tipe diabetes wat ons resepte wil gebruik, moet dit in oorleg met hul diabetes-gesondheidsorgspan doen. As jy diabetes het, is dit belangrik om jou risikofaktore te ken.