HOE GEBRUIK MENS PEKTIEN

Pektien
HOE GEBRUIK MENS PEKTIEN

15 gram op sagter een en 20 gram op stywer een vir elke 2kg.
Pektien is ñ polisakaried wat in meeste vrugte se selle natuurlik voorkom en help om konfyte ens te laat set of stabiliseer. Die voordeel is dat dit jou kooktyd BAIE verminder. Jy behou ook dan natuurlik meer voedingstowwe. Dit vorm ketting verbindings s met die suiker. Indien jy dit te lank kook, breek die kettings weer.
Jy kan dit self maak met bv appels en dit word kommersieël gewoonlik v sitrus gemaak wat ook baie hoog in pektien is.
Dit help om ñ eenvormige produk te kry en word ook gebruik om roomys, jogurt ens te stabiliseer. In SA is dit redelik moeilik om te kry en Dairy Cherette verskaf in grootmaat, maar is baie behulpsaam en verkoop ook in kleiner maat aan ons.
By apteke kry jy gewoonlik pektien wat medies gebruik word. Dit help vir maagprobleme, spastiese dikderm, acid reflux en Chrohn disease.
Wil dit net bysê. Die manier hoe ons nou konfyt kook, is basies om dit aan te hou kook tot genoeg vog verdamp het om ñ jellie/konfyt/stroop te vorm. Hitte en verdamping.
Met pektien werk dit totaal anders. Jy kook NIE jou konfyt dood nie.
Die smaak verskil wel effens, maar baie min!
Pektien is egter BAIE gevoelig vir pH. Jou ideale pH is hier by 3.6 rond, dan werk hy soos ñ bom! Die maklikste manier is om jou pH met sitroensuur reg te kry. Dit het die minste invloed op die smaak en verlaag die pH die vinnigste!

Onthou, MOENIE pektien te lank kook nie! Jy vernietig van die ketting verbinding. NIKS meer as 4 tot 5 min nie!! Laat produk effe afkoel voor jy bottel. So 90 grade C.
Soms set konfyt eers ñ hele paar dae na die tyd. Dit set NIE dadelik as dit afgekoel het nie.

Bron: Christine Pienaar van.
Bottel-en-bere-resepte