HEERLIKE KANEEL CREPES


HEERLIKE KANEEL CREPES
Crepes:
1 koppie koekmeel
2 eiers
½ koppie melk
½ koppie water
¼ teelepel sout
3 eetlepel botter gesmelt
Vulsel:
250 g roomkaas (sag gemaak)
6 eetlepels versiersuiker
1 eetlepel bruinsuiker
2 eetlepels versiersuiker
1 teelepel kaneel
Meng meel en eiers goed saam.
Voeg melk en water geleidelik saam.
Klits baie goed saam tot glad.
Voeg res van die bestanddele by meng goed.
Gooi deur sif om alle klonte uit te kry.
Bak Crepes.
Vir die vulsel:
Klits roomkaas en versiersuiker goed saam.
In aparte bakkie meng res van bestanddele alles saam.
Plaas eerste crepe op skoon blad (ek gebruik sommer stuk foil) smeer laag roomkaas oor crepe.
Plaas tweede crepe half pad oor eerste een en herhaal met roomkaas doen dit met al die crepes.
Indien daar roomkaas oor is, smeer oor al die crepes.
Strooi nou van die kaneelsuiker oor voor dit opgerol word soos ‘n swissroll. (in die lengte)
Sny in omtrent 5 cm stukke. Strooi nog bietjie kaneelsuiker oor voor opdiening.
Nota: ek het 7 pannekoeke uit gekry uit die deeg en so 8 skywe as klaar gesny is.
Foto en resep: Suenell Liebenberg