GIDEON SE SOET-SUUR HOENDERVLERKIES


GIDEON SE SOET-SUUR HOENDERVLERKIES
Foto: Gideon Louw
FOOD LOVERS RECIPES
10 hoendervlerkies Gerol in ‘n pakkie sampioen soppoeier
227 g ( klein blikkie ) fyn pynappel
2 eetlepels suiker
1 klein ui fyngekap
3 eetlepels asyn
2 eetlepels blatjang
2 eetlepels sweet chillie sous
Pak die hoender stukkies in ‘n kasserol wat ‘n deksel het
Meng alle ander bestanddele saam en gooi oor die hoender
Plaas die deksel op en bak in ‘n voorverhitte oond op 180 ºC vir 2 ure
Haal dan die deksel af en grill tot lekker bruin