GESONDHEIDSBESKUIT MET SONNEBLOMSAAD


GESONDHEIDSBESKUIT MET SONNEBLOMSAAD
5×250 ml koekmeel
4×250 ml volkoringmeel
50 ml bakpoeier
5 ml sout
500 g botter
500 ml sonneblomsaad
2 eiers, geklits
250 ml karamelsuiker
250 ml witsuiker
500 ml karringmelk
10 ml koeksoda
Meng meel, bakpoeier en sout en vryf botter in.
Klits eiers, 2 soorte suikers en karringmelk tot suiker opgelos is.
Blus koeksoda in klein bietjie melk en voeg by eiermengsel.
Voeg eiermengsel, koeksodamengsel en sade by meelmengsel.
Verdeel mengsel in 2 gesmeerde oondpanne.
Bak 45 minute by 180°C.
Wat ek anders gedoen het:
Nie 500 ml sade ingesit; nie genoeg gehad.
Hulle vra volkoringmeel; ek het nutty wheat gebruik.
Deeg is slapperig styf so ek het die hele beslag in my 1 pannemanpan gesit.
FOTO: Wilma Batt