GERDA SE WORTELKOEK




GERDA SE WORTELKOEK
Lekerste wortelkoek resep
Klits saam 1 koppie olie , 4 eiers , 2 koppies suiker
Sif 2 koppies koekmeel, 1 teelepel bakpoeier, 1 teelepel koeksoda, 1 teelepel sout saam en voeg by die eerste mengsel – klits goed
Gooi 3 koppies gerasperde wortels in en meng goed
Gooi in voorbereide ringpan pan
Bak 55 min. in 160ºC oond
VERSIERSEL
500 gram versiersuiker,
125 gram stork,
250 gram maaskaas,
1 teel vanilla
Klits tot romerig en versier afgekoelde koek. Strooi neute oor indien verkies
FOTO EN RESEP: Gerda Landsberg
2de foto: Miems York
Hettie Bezuidenhout
Ek bak baie keer die wortelkoek maar vervang die wortels met patat. Amper nog lekkerder.
Rina Kleinhans – ek neem aan jy rasper net die rou patat in die beslag in 🙂
Hettie Bezuidenhout Ja Rina, skil die rou patat en rasper dit. So jy vervang net die wortels met patat.