CHERANDA SE ROOIBOSTEE EN HEUNINGPATATS

Patatstested

CHERANDA SE ROOIBOSTEE EN HEUNINGPATATS
1 kg patats, In skyfies gesny
500 ml kookwater
4 Rooibostee Sakkies
¾ koppie bruinsuiker
¼ koppie margarien
¼ koppie heuning

Kook water met rooibostee sakkies tot tee lekker sterk getrek is. Haal teesakkies uit. Voeg die patats en res van die bestanddele  by in die kokende rooibostee. Kook tot lekker sag. Maak fyn en geniet.

Foto en resep:  Bets Lourens