CHARMAINE SE LEMOENSTROOPKOEK


CHARMAINE SE LEMOENSTROOPKOEK
Charmaine Van Staden Ek het die een gemaak.
1 ½ koppie koekmeel
½ koppie maizina
knippie sout
½ koppie margarien
1 ¼ koppie suiker
4 eiers, geskei
½ koppie lemoensap (3 lemoene se sap)
2 lemoene se skille, gerasper
1 teelepel bakpoeier
Meng margarien en geel van eiers.
Voeg suiker by en meng goed.
Voeg lemoensap by en meng goed.
Sif droë bestanddele en skil en meng.
Klits eierwitte styf en vou in.
Bak 180ºC.
Sous:
Meng saam en kook tot suiker opgelos is:
1 koppie suiker
1 koppie water
45 ml margarien
Voeg die volgende by:
1 koppie lemoensap
45 ml lemoenskil
Giet oor die koek.
Ek het op die stoof versiersuiker opgesit.
Foto en resep: Charmaine Van Staden