BASIESE INLIGTING TEN OPSIGTE VAN BOTTELERING

Riglyne van bottelering

BASIESE INLIGTING TEN OPSIGTE VAN BOTTELERING

1. HIGIENE
Uiters belangrik,werk skoon en sorg dat jou toerusting skoon is
2. Steriliseer jou bottels.
Ek was en spoel my bottels goed uit,en plaas dan in n oond teen 120 grade tot benodig
3. Ondersoek jou bottels en maak seker dat die rand nie gekraak of gechip is nie
4. Gebruik glas,nie plastiek nie.
5. Preservering vind plaas deur hitte,totale uitsluiting van lug en die gebruik van
Asyn,Suiker en Sout.
6. As jy piekels suksesvol wil maak,gebruik Suiwelsout,wat absoluut suiwer is en nie Jodium
en ander middels bevat nie
7 Gebruik die regte Asyn. Vir preservering moet Asyn n minimum van 5 persent Asetiese suur bevat. Vir piekels gebruik ek Wit Spirits Asyn .
8. Bruin Asyn lewer n geuriger eindproduk by Blatjang.
Gebruik goeie kwaliteit Witsuiker by konfyt en Bruinsuiker by Blatjang.
9. Gebruik kraakvars groente vir piekels, effens oorryp groente en vrugte kan vir fynkonfyt en blatjang gebruik word.
10. Vul flesse oorlopens toe vol en verwyder lugblasies
11. Enige produk wat Asyn bevat kan net in n vlekvrye staal of geenamelleerde pot gekook word,GLAD NIE in n Aluminium pot nie.
12. Bere jou produkte in n koel donker plek
13. Gebruik goeie kwaliteit speserye
Opgestel deur Henk Boshoff

Bron: bottelenbereresepte