BANTING BRAAIBROODJIES


BANTING BRAAIBROODJIES
½ blomkool fyn gemaal in ‘n voedsel verwerker/food processor
2 eiers
½ koppie morzarella en parmesaanse kaas gemeng/of pecorino (jy kan ook net morzarella gebruik)
bietjie gedroogde oregano en basil
sout en peper na smaak
1 teelepel olyfolie
Verwarm oond op 180 ºC. Sit die halwe blomkool in die voedsel verwerker en maal fyn. Sit die eiers, kruie, kaas en sout en peper by en meng so paar sekondes goed deur in die voedsel verwerker.
Sit bakpapier op ‘n oond plaat en smeer met ‘n kwassie of jou hande die papier in met die teelepel olyfolie.
Skep met ‘n lepel die mengsel vir 4 broodjies op die plaat en druk langs die kante om ‘n mooi vorm te kry.
Maak dit so 1 cm dik.
Bak in die oond vir 40 minute en draai die broodjies dan om met ‘n spaan en bak vir nog 10 minute.
Haal hulle uit en laat bietjie afkoel en sit dan die braai broodjie bestanddele op en braai soos ‘n gewone braai broodjie.
Resep en foto: Claudia Bellink