APPELKOOS-EN-SUURLEMOENHOENDER


APPELKOOS-EN-SUURLEMOENHOENDER
Hierdie resep kry DEFNITIEWE 10/10!!!!!!!
1 hoender in stukke
Sout na smaak
50 ml fyn appelkoos konfyt
15 ml sjerrie (ekt obs gebruik)
15 ml heuning (ekt stroop gebruik)
5 ml sojasous
5 ml gerasperde vars gemmer (ekt fyn gemmer gebruik)
1 blokkie hoenderaftreksel
150 ml kook water
15 ml mielieblom
10 ml koue water
30 ml suurlemoensap
2 salotte of piekeluie gekap
Voorverhit die oond tot 180ÂșC.
Vryf die hoender met sout. Plaas konfyt, sjerrie, heuning, sojasous, en gemmer in n kastrol, roer aanhoudend en verhit tot dit borrel. Haal af van die stoof af.
Los die kookwater en aftreksel op en giet in oondvaste bak. Plaas die hoender daarin.
Verf van die konfytmengsel oor die hoender. Bak 45 min, draai hoender om en verf weer en bak nog 45 min.
Haal die hoender uit en plaas op opdien bord en hou warm.
Meng die sous in die bak met die oorblywende konfytmengsel, mielieblom, koue water en suurlemoensap en kook deur.
Roer oor matige hitte tot dik!
Voeg die salotte by en giet die sous oor die hoender.
Bron: Wenresepte 1
Foto: Benhet Nieuwenhuis