ANNETTE SE GEVULDE VARKNEK


ANNETTE SE GEVULDE VARKNEK
1,2 kg heel varknek of varkdikrib, ontbeen
sout en vars gemaalde swarteper
4 knoffelhuisies, fyn gedruk
1 groenrissie ontpit en in repies gesny
1 tamatie in skywe gesny
250 g spekvleis
1 blik pynappel stukke
1 eetlepel Worcestersous
125 ml soet suur sous
125 ml sjerrie (optioneel)
250 ml water
60 ml olie (kan ook ‘n pakkie Sweet en Sour cook in sauce van royco gebruik of maak ‘n pakkie Sweet en Sour sous aan met die pynappelsap)
Voorverhit die oond tot 160°C. Vlek die nek oop en geur met sout en vars gemaalde swartpeper. Strooi die knoffel oor en pak die soetrissie, tamatieskywe en spekvleis bo-op. Pak ‘n paar van die pynappel stukke bo-op en rol die nek versigtig toe. Bind stewig vas met tou maar wees versigtig dat die vulsel nie uitval nie. Geur die rol aan die buitekant weer met sout en peper in plaas in ‘n oondbak. Meng die res van die pynappel stukke asook die pynappelsap met die rea van die bestandele en giet by. Bak ‘n uur tot ‘n uur en ‘n half tot gaar. Sny die rol in skywe en dien op saam met die sous. Genoeg vir 6-8mense
Resep geplaas deur Somarié Muller