ADRIAN SE STOKVIS MET KNOFFEL- EN PIETERSIELIESOUS IN DIE OOND


ADRIAN SE STOKVIS MET KNOFFEL- EN PIETERSIELIESOUS IN DIE OOND
Sous:
2 groot fyngemaakte knoffeltoontjies, of soveel as wat jy verkies
50ml olyfolie
2 eetlepels suurlemoensap
2 eetlepels fyngekapte pietersielie
Sout en peper na smaak
Plaas 2 medium grootte heel, skoongemaakte stokvisse in ‘n oondbak.
Maak ‘n paar snytjies aan albei kante van die visse. Meng al die bestanddele vir die sous en giet oor die vis.
Smeer die vis goed daarmee in en laat marineer vir ten minste ‘n halfuur.
Bak in ‘n warm oond, 200ºC vir 25 tot 30 minute tot gaar.
Bron: Adrian Olivier
Foto: Adam Cloete