ADA SE BROCCOLI, BLOMKOOL EN BLOUKAAS SOP


ADA SE BROCCOLI, BLOMKOOL EN BLOUKAAS SOP
Vandag se voorgereg was Broccoli, blomkool en bloukaas sop. Dit is tannie Ada Scheenloop se resep wat ek gemaak het. Sy het dit vir ons een Sondag gemaak en toe maak ek dit vandag. Is ongelooflik lekker en maklik om te maak. Julle moet dit probeerš
Bestanddele:
1 groot kop blomkool
1 groot kop broccoli
1 groot ui, fyn gekap
1 teelepel fyn knoffel
1 400ml blikkie klappermelk
1 blokkie hoender aftreksel opgelos in n koppie kookwater
1/2 teelepel neutmuskaat
1 teelepel fyngemaalde gemengde peper of swartpeper
‘n knippie sout na smaak
2 100g sterk of medium bloukaas
Metode:
Sny die blomkool en broccoli in kleinerige stukke op en gooi in ‘n pot. Voeg die opgesnyde ui daarby asook die opgelosde hoenderaftreksel. Voeg die knoffel, neutmukaat en peper by. Voeg dan die hele blikkie klappermelk by en roer deur. Kook als op ‘n medium hitte tot die blomkool en broccoli heeltemal sag is. Stamp die broccoli en blomkool fyn met ‘n stamper en breek een van die 100g bloukase in die mengsel en roer deur tot ingesmelt. Voeg dan nog sout en peper by na smaak.
Plaas die sop in ‘n bak en sit dit in die yskas. As dit vir ‘n dag staan, ontwikkel dis geure nog beter.
Met opdiening kan die sop in ‘n voedsel verwerker fyn gemaak word om ‘n meer gladde sop te verkry en dan op ‘n lae hitte verhit word. (Indien die sop te dik is, kan dit verdun word met nog klappermelk.) Verkrummel die ander 100g bloukaas en sprinkel dit en bietjie peper oor die sop net voor dat dit geeet gaan word.
GEPLAAS DEUR EN FOTO VAN :Ā Reon Conradie