WILMA SE WALDORF-SLAAI

wilma se waldorf-slaaitested
WILMA SE WALDORF-SLAAI
3 Grannysmith Appels, ontpit en in blokkies gesny
1 Golden Delicious Appel ontpit en in blokkies gesny
3 Selderystingels, onthaar en in fyn skyfies gesny
Halwe knoppie ontpitte rosyntjies
Kwart koppie gekapte neute
300ml Mayonnaise
sout en vars gemaalde Swartpeper na smaak.
Gekapte selderyblare vir versiering.
Metode
Meng die appels, seldery en rosyne saam
Voeg die neute by
Geur met sout en peper na smaak en meng goed deur.
Meng die mayonnaise laaste by.
Skep in ‘n mooi plat Bak, en strooi die selderyblare oor.
Bedien koud.
(Moenie die Appels skil nie, dit gee kleur en smaak aan die slaai)

BRON EN FOTO: Wilma Josey Venter