TISH SE LEMOENKOEK


TISH SE LEMOENKOEK
2 eiers
1/2 kop strooisuiker
100 ml melk
7 ml bakpoeier
25 g margarine
3/4 kop meel
sout
Klop eiers en suiker vir 10 min. Kook melk en margarine. Voeg droë bestanddele by eier mengsel behalwe bakpoeier, meng en voeg melk mengsel by, roer goed deur en laaste bakpoeier, Bak 15-20 mim – 190°C in Pyrex bak.
Stroop:
Kook saam 3/4 kop lemoensap (vars) en1/2 kop suiker en gooi oor warm koek. Baie baie lekker, Ek verdubbel die resep en gebruik n vierkante bak.
RESEP: Tish Bowers