SUENELL SE VINNIGE AANDETE

FB_IMG_1462122831012tested
SUENELL SE VINNIGE AANDETE

Vinnige Sondag aand ete
Hush met oorskiet
4-5 med aartappels (klein blokkies gesny)
1 klein ui (fyn gekerf)
1 tlp gekerfde knoffel
omtrent 200gr russians klein gesny(ham/bacon/oorskiet braaivleis)
1 pakkie mushrooms op gesny
4 eiers
olie vir braai

in ‘n diep pan gooi genoeg olie in om omtrent half vol te he, en op medium hitte braai uie en knoffel saam. Slegs vir ‘n minuut of twee.
Voeg die aartappels by en verhoog die hitte na medium hoog. Braai die aartappels tot die randte begin verbruin.
In ‘n aparte pan braai rusians en mushrooms saam tot gaar. Voeg bietjie sout en peper en tiemie by na smaak.
Skep mushroom mengsel uit en hou een kant.
Bak eiers in pan tot sag.
Haal aartappels uit en laat op handoekpapier dreineer vir ‘n rukkie.
Skep aartappels onder in bord met mushroom mengsel bo op en gebakte eier bo op.
Sout en Pepper met warm sous bo oor.

BRON EN FOTO : SUENELL LIEBENBERG