STAMPMIELIE- EN 4 BOONTJIESLAAI

STAMPMIELIE- EN 4 BOONTJIESLAAItested

STAMPMIELIE- EN 4 BOONTJIESLAAI
1 blikkie stampmielies en bone (samp and beans)
1 blikkie 4 bone mengsel in water, gedreineer. (4 bean mix in brine)
25 ml olyfolie
25 ml wit wynasyn
30 ml suurlemoensap
1 teelepel cumin poeier
Halwe teelepel kaneelpoeier
2 eetlepels fyngekapte kruisementblare
1 teelepel fyn knoffel
Sout en peper na smaak ( min sout aangesien die blikkies reeds sout bevat.)
Meng die boontjies en mielies. (Die geblikte stampmielies het ‘n soort van jellielaag om die mielies. Ek het dit eers met bietjie water in ‘n kastrol gemeng en warm gemaak op die stoof en toe gedreineer. Meng al die ander bestanddele in ‘n botteltjie met ‘n delsel, skud goed en laat vir ten minste ‘n halfuur in die yskas vir die geure om goed te meng. Net voor bediening, skud goed en giet oor die boontjies en mielies. Roer goed deur.
Wenk.
1. Dit is ideaal om oorskiet stampmielies vir hierdie gereg te gebruik.
2. Saggekookte droë perskes of appelkose, fyngesny kan daardeur gemeng word om ‘n soet smaak by te voeg.
Bron en foto: Adam Cloete.