SONELLE SE SJOKOLADE POEDING

sjokolade poeding sonelletested

SONELLE SE SJOKOLADE POEDING
Verhit stroop tot kookpunt en kook vir 5 min:
1 liter water
2 koppies suiker
4 eetlepels kakao
Room  die volgende saam tot lig geel:
¾ koppie suiker
¾ koppie botter
Voeg 1 eier by en meng goed
Sif saam:
1 koppie koekmeel
1 ½ teelepel kakao
knippie sout
1 eetlepel bakpoeier
Roer meelmengsel en ½ koppie melk  by eiermengsel en voeg 1 teelepel vanilla geursel by.
Skep beslag in ‘n oond bak en gooi stroop bo-op en bak vir 30 tot 35 min op 180 ºC – toets met oond pen

Resep en foto:  Sonelle Muller