SANDRA SE HEERLIKE KOEKSISTERS


SANDRA SE HEERLIKE KOEKSISTERS
Heerlikste “crispy”sappige Koeksisters
Stroop:
Kook die onderstaande vir ongeveer 10minute saam
6 koppies suiker
3 koppies water
2 eetlepels stroop
Haal stroop van die stoof af en voeg onderstaande by
Knippie kremetart
Laat yskoud word voor jy bak.
Meng die volgende saam:
4 koppies koekmeel
6 eetlepels bakpoeiers
1 teelepel sout
2 eetlepels margarien
Meng apart 2 eiers met 1½ koppie melk.
Vryf nou margarien met vingers tot fyn in mengsel van koekmeel bakpoeier en sout en begin dan eier en melkmengsel bymeng en knie die deeg vir 10min lank. Maak toe met klam lappie en laat staan vir 3 ure en begin bak!
Resep en foto: Sandra Uys