RINA SE GEBAKTE AARTAPPELS

rina se gebakte aartappelstested

RINA SE GEBAKTE AARTAPPELS

Ek het nou al baie maniere probeer om ‘n lekker gebakte aartappel te maak, maar gister se metode is en was nog sover die heel beste. Regtig my man se ook.. “nou smaak dit soos ouma sin”

Skil die aartappels en sny soos verkies, kook in sout water tot net sag, nie pap nie. Verhit die oond tot 200 grade C en sit ‘n oond bak , met ‘n lagie olie, ongeveer 1cm diep in die oond en maak die olie lekker warm. Wanneer die aartappels reg is gooi die water af, en skud die pot bietjie dat die aartappels ‘n growe buitekant kry, pak nou jou aartappels in die warm olie, die moet sommer “sizzzz” as jy dit inpak, en nou bak jy dit en draai gereeld… myne het so ongeveer 30-40 min geneem… maar dit hang af hoe donker jy dit verkies… mense die aartappels was so heerlike crispy met ‘n heerlike sagte binnekant… Hoop julle geniet dit ook.
NOTA:  As jy so gelukkig is om uitgebraaide skaapvet te he, kan jy dit gebruik… sal lekkerder wees.
FOTO EN IDEE:  Rina Kleinhans.