PERFEKTE “SOUS-VIDE” STEAK IN ‘N COOLER BOX

COOLER BOX 1 COOLER BOX 2 COOLER BOX 3 testedCOOLER BOX 4 COOLER BOX 5COOLER BOX 6

PERFEKTE “SOUS-VIDE” STEAK IN ‘N COOLER BOX
Perfekte Sous-vide (“under vacuum”) steak in Koeler Boks (COOLER BOX)
Nooit gedink ek sal steak so kan gaarmaak en die mees perfekte steak eet nie! Lekker verouderde duim dik Rumpsteak oornag in Jimmy’s Sous ingelê. Ek het die koeler boks met water gevul wat verhit was tot ongeveer 55 grade Celsius (dit is vir ‘n medium rare steak). Ek het die steak in ‘n Zipper plastiek sak gesit en die sak in die water geplaas sodat die water al die lug uit die sak gedruk het. Toe het ek die sak verseël en die bokant van die sak oor die rand van die boks gesit en dit toegemaak. Ek het vir dit vir ‘n uur in die water gehou. So halfpad deur het ek die water getoets en nog kookwater bygegooi om die temperatuur by ongeveer 55 grade te hou. Ek het my swaarboompot verhit, botter gesmelt en ‘n paar knoffel huisies in gegooi. Ek het die steak na uur uit die water en sakkie gehaal en dit vinnig aan weerskante gebraai. Ek sal volgende keer eerder olie gebruik en dit nog warmer maak om met nog meer hitte die steak vinniger te kan seël en te kan verbruin. Ek het dit uitgehaal en sonder om werkil te laat rus die steak gesny. Daar was geen bloed wat geloop het nie en die steak was perfek medium rare. Nie net die derde of selfs as jy gelukkig is 60% in die middel nie, maar dit was 95% medium rare met slegs die 1mm van die kante wat verbruin is wat nie medium rare is nie. Ek sal volgende keer dalk ook ‘n vuurtjie maak en die steak in plaas van in die pot op die vuur afrond. Hulle sê dit is die grootste geheim van die wêreld se beste sjefs en restaurante. Ek kan dit glo. Nog nooit het ek ‘n steak so perfek gemaak … soos ek gesê het dat 95% daarvan medium rare is nie. Jy kan duur masjiene en toerusting koop om dit in ‘n pot te maak, maar hierdie is die maklikste en goedkoopste manier om ‘n perfekte steak ELKE keer voor te sit. Saam daarmee het ons gebraaide aartappels en ‘n spesiale spinasie dis gehad. Heerlik!

IDEE EN FOTO :  Ferdinand Boll

NOTA:   Dit neem ongeveer 45min tot 1 uur dan is die vleis die temperatuur van die water. Daarom moet jy self besluit hoe gaar moet jou steak wees en die water tot en met daardie temperatuur verhit. Solank die water teen daardie temperatuur gehou word (hier help die duur masjien mens natuurlik!) kan jy die vleis vir ure daarin hou. Dit sal nie gaarder word nie! Die volgende riglyn kan gebruik word: https://en.wikipedia.org/wiki/Doneness

Elize Grobbelaar
Jou tyd maak nie regtig ‘n verskil nie dit is die temperatuur. Die beste kook metode ooit vir steak.

André Steenkamp  ek doen elke dag Sous Vide.
Maar jy is reg. Die algemene gids is:
Rare – 54˚c vir 1h30
Med Rare – 58˚c vir 1h30
Well done – 70˚c vir 1h30
Vir die persoon wat hom veld toe wil neem. Doen die proses en koel hom dadelik af na ten minste 3˚c met ys en water tot jy in die veld is. Verwarm (sommer vining in kookwater) en skroei buite vir kleur.
Items wat deur die sous vide proses is en behoorlik, voor die proses, gevakuum-seel is, kan vir baie lang tydperke in ‘n yskas gehou word. Soos in maande. Ferdinand ‘n koelerboks is goed vir ‘n steak, maar moeilik vir ‘n lamskenkel wat vir 24 uur by 73˚c gehou moet word.
Ook heelwat Apps wat temperature en tye aangee vir die Sous Vide kookproses wat jy op jou foon kan aflaai. Maar regtig baie moeite op ‘n klein skaal.