MARIETJIE SE VANILLA MAYONNAISE-KOEK

Vanilla Mayonnaise koektested
MARIETJIE SE VANILLA MAYONNAISE-KOEK
500 ml koekmeel
85 ml maizena
¼ teelepel bakpoeier
1 ¼ teelepel koeksoda
420 ml suiker
5 ml vanilla essens
3 eiers
1 koppie mayonnaise
300 ml water

Sif meel, maizena, bakpoeier en koeksoda saam.
Klits die suiker en eiers vir 3 minute saam.
Voeg nou mayonnaise geleidelik by eiermengsel, voeg vanilla by.
Laastens voeg meel en water om die beurt by en meng goed.
Gooi in 2 koek panne wat goed gespuit is met kleef vrye sproei en was papier op bodem het.
Bak vir 45 min by 180°C of tot toetspen skoon uitkom.

*Die maizena kan vervang word met kakao om sjokolade koek te bak. Hierdie koek is flop vry. Jy kan tussedeur die oond oopmaak en dit sal nie platval nie.
Heerlike klam koek.
Koek kan met groot sukses gevries word.

Bron: Onbekend. Die vanilla variasie was my eie idee.
RESEP: Marietjie van der Merwe