MARIE SE VINNIGE PLAATKOEKIES

plaat koekies_ntested

MARIE SE VINNIGE PLAATKOEKIES
Vinnige plaatkoekies klein resep lewer so 10.
1 koppie koekmeel
1 eier
2 eetlepels suiker
2 teelepels bakpoeier
¾ koppie melk
knippie Sout
2 teelepels gesmelte botter

Klits al die beslag saam, ek het my elektriese klitser gebruik. Jy kan die beslag dubbeld aanmaak as jy wil.
Spuit jou pan met spray en cook.
Bak oor baie lae hitte, ek het my stoof op 3 gehad.
As dit bubbels maak kan jy dit begin omdraai.
Foto: Marie Rheeder Troskie