MARELI SE PIESANGBROOD


MARELI SE PIESANGBROOD
5 ryp piesangs, gemash
½ koppie gesmelte botter
1 koppie bruinsuiker
2 eiers
2 teelepels vanilla geursel
1 ½ koppie koekmeel
1 teelepel koeksoda
½ teelepel sout
½ koppie griekse joghurt of suurroom
Voorverhit oond op 180ºC.
Meng die botter en suiker. Voeg die eiers en vanilla by en meng.
Meng al die res van die droë bestandele by. Vou die piesangs en suur room / joghurt in. Bak vir 60 min totdat die mooi bruin is. (druk ‘n mespunt in en as dit skoon uitkom, is dit reg) as nie, bak langer.
Bron en foto: Mareli Dahl