LEROUX VAN VUUREN SE BOELIE-BURGERS


LEROUX VAN VUUREN SE BOELIE-BURGERS
1 blik boeliebief
1 blik pitmielies (in water)
5 ml bakpoeier
400 g kaas
½ koppie koekmeel
200 ml room
2 eiers
2 uie (of een groot ui)
300 g spek
sprietuie
sout
peper
olyfolie
blaarslaai
frikkadelbroodjies
heuning
Dijonmosterd
Kap die spek en uie fyn – Leroux los een stukkie spek heel as garnering.
Braai die spek en uie in ’n pan in die olie.
Breek die eiers in ’n mengbak.
Voeg die helfte van die room by asook die meel en bakpoeier.
Voeg ’n knippie sout en peper by en meng alles deur.
Meng dan ook die kaas, boeliebief en die sprietuie goed deur die beslag.
Voeg laastens die spek en uiemengsel by die beslag.
Maak dan koekies met die beslag en bak dit met ’n bietjie olie in ’n pan – dit word die frikkadelbroodjie se “patty”.
Maak ’n lekker sous vir die frikkadelbroodjie deur die res van die room te meng met Dijonmosterd en heuning. Kook dit so bietjie saam totdat dit dikker word.
Rooster die broodjies op die vuur voordat jy die boelieburger bou.
Foto en resep geplaas deur Benhet Nieuwenhuis