KERRIEPIESANG FRIKKADELLE


KERRIEPIESANG FRIKKADELLE
1 kg maalvleis
5 snye wit brood, in 500 ml aftreksel geweek
2 eiers
sout
peper
½ teelepel fyngemaalde naeltjies
½ teelepel fyngemaalde neutmuskaat
Voeg alle bestanddele saam en meng goed.
Vorm balletjies, rol in meel en pak in ’n gesmeerde oondbak. Enige orige vloeistof kan ook in die bak gegooi word. Bak in ’n oond tot gaar.
Kerriepiesangsous:
500 ml asyn
500 ml water
1½ eetlepel kerriepoeier
1 eetlepel borrie
3 eetlepels fyn appelkooskonfyt
2 eetlepels suiker
2 eetlepels meel
sout
peper
12 piesangs, gekerf
5 uie, gerasper
botter
Braai die uie in botter.
Maak die meel aan met die asyn en water. Voeg geleidelik by die uie.
Voeg die kerrie, borrie, konfyt, suiker en 6 piesangs by.
Kook tot die piesangs sag is.
Strooi die ander piesangs oor die frikkadelle en gooi die sous oor.
Bak tot alles lekker warm is.
Foto en resep: Elize de Kock